Addisionele aktiwiteite
Rusgenot bied talle aktiwiteite aan om ‘n omgewing te skep waar die inwoners sosiaal met mekaar kan verkeer:
- Matrolbal – wat vir vele kosbare oomblikke sorg!
- Oefening vir seniors word een maal ‘n week in die sitkamer aangebied.
- U kan by die leesunie aansluit wat een maal ‘n maand bymekaarkom.
- Bybelstudie word weekliks aangebied.
- Een maal ‘n week kom die seniors bymekaar vir ‘n sosiale tee wat deur die sosiale klub aangebied word. DVDs word vertoon en een maal ‘n maand word ‘n koffiewinkel in die omgewing besoek.
- Daar is ‘n groepie inwoners wat weeklikse brug speel.
- Kewerjag en speletjies
- Bingo
- “Happy hour” – waar ‘n wynproe gehou word en vroegaand sosiaal verkeer word.
- Die sosiale klub bied een maal ‘n jaar ‘n markdag in die oord aan waar almal die geleentheid kry om iets by te dra indien hulle vlytig met die hande is.
- Die jaarlikse Kersete by Rusgenot is ‘n groot geleentheid op die sosiale kalender.