Versorging 

Versorging is ongelukkig ‘n realiteit wat vir die toekoms in ag geneem moet word.  Indien u woonagtig is in een van ons selfsorgeenhede, is daar 2 opsies wat oorweeg kan word indien u versorging benodig:

  •  U kan van privaatversorging in u eenheid gebruik maak. U kan by die kantoor navraag doen indien u meer inligting hieroor versoek.
  • Rusgenot se versorgingseenheid bied versorging op die perseel aan.  Kamers is onderhewig aan beskikbaarheid.  U kan die versorgingseenheid kontak vir verdere navrae op (021) 970-1131 of rusgenotcare@gmail.com
Copyright © Rusgenot Aftree-oord